AAN'T SEE LAMBERTSBAAI

BO TUIN COTTAGES VANRHYNSDORP

BREEKWAL GASTEPLAAS KLAWER

KLOKKIEBOSCH GASTEHUIS JACOBSDAL

LANKVERWACHT GASTEHUIS & KAMPEERPLEK VANRYHNSDORP

MASKAM GUEST FARM VANRHYNSDORP

SIR LAMBERTS GASTEHUIS LAMBERTSBAAI

VAN EEDEN AKKOMODASIE STRANDFONTEIN

VOGUE SELF CATERING CLANWILLIAM

 
   

TUISBLAD

   

MASKAM GUEST FARM VANRHYNSDORP

Maskam Guest Farm is 6 km vanaf die N7, op die roete tussen die Kaap en Namibi gele en is net 10 km vanaf Vanrhynsdorp. Dit is die ideale plek vir reisigers op die N7-hoofroete, sakelui in die gebied & toeriste om die rustige plaaslewe te ervaar en dis 'n paradys vir plantkundiges.

Ons bied 3 x 2-slaapkamer kothuise, elkeen volledig toegerus vir selfsorgdoeleindes, met DSTV, WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, lugversorging of 'n waaier vir die somer, en 'n verwarmer of gesellige kaggel vir die winter.
Daar is ook 2 oopplan-kothuise, elkeen toegerus met n koninggrootte bed, ruim instapstort, volledig-toegeruste kombuis, DSTV & patio, met braaigeriewe. Braaihout, asook tuigemaakte konfyte + rooibos van die plaas af, word te koop aangebied.

Al ons verblyfplekke bied n uitsonderlike blik op die omliggende Maskam- & Gifberge, asook privaatheid, vanwe die feit dat hulle redelike ente uitmekaar gele is.

Diegene wat sommer net lus is vir n vakansie in die wre sin van die woord, kan ontbyt & aandetes by ons bespreek, wat ons dan neem tot by jou blyplek hoes daai vir bederf!

Doendinge op die plaas sluit in : swem, bergklim, wandel op ons gemerkte staproetes (Blommetyd n skouspel!), volkyk, fietsry, speelgrond & trampolien vir die kinders. Plaasdiere ook te sien. Gedurende Augustus (slfs vroer) & September is die plaas bedek met pragtige blomme, sowat 1 500 spesies in totaal. Ons het 'n diverse versameling blomspesies, waaronder Nama-Karoo-vetplante, fynbos in die berge en skaars bolplant-spesies.

Ander besienswaardighede in die gebied sluit in : 'n sirkelroete bo-op Gifberg; wyntoere, Victoriaanse geboue en die Kokerboom-kwekery in Vanrhynsdorp. Daguitstappies kan ook na Nieuwoudtville, Clanwilliam of Strandfontein onderneem word.

Maskam Guest Farm is die ideale plek om wre rus en vrede te ervaar. Die magiese sonsondergange en die sterbelaaide aande is 'n gunsteling onder ons gaste.
Kenmerke

Afrikaans

Swembad

Braaiplek

Troeteldiere (indien vooraf-gerel)

Rolstoelvriendelik

Veilige Parkering

Gratis WiFi
Om te bespreek stuur 'n epos aan mariaboshoff6@gmail.com of skakel Sel: 084 5802 191

 

This website is designed, hosted and maintained by:

Namakaland Verblyf 2018 all rights reserved