AAN'T SEE LAMBERTSBAAI

BO TUIN COTTAGES VANRHYNSDORP

BREEKWAL GASTEPLAAS KLAWER

KLOKKIEBOSCH GASTEHUIS JACOBSDAL

LANKVERWACHT GASTEHUIS & KAMPEERPLEK VANRYHNSDORP

MASKAM GUEST FARM VANRHYNSDORP SIR LAMBERT’S GASTEHUIS LAMBERTSBAAI VAN EEDEN AKKOMODASIE STRANDFONTEIN VOGUE SELF CATERING CLANWILLIAM  
   

TUISBLAD

   

Lankverwacht Gasteplaas & Kampeerterrein, Vanrhynsdorp
Kom ontspan hier by ons op die plaas, geleë naby Vanrhynsdorp, oppad na Nieuwoudtville & omring deur berge. Met ‘n onvergeetlike uitsig oor die Knersvlakte, en, natuurlik ons streek se wêreldbekende blommeprag (Die Groot Skilder se Blomtuin), gedurende die laaste maand of 2 van die winter, en sélfs tot so ver as in Oktober, is ‘n besoek aan ons ‘n moet. Die plaas beslaan 800ha van wye ooptes, wat jou siel sal verkwik, soos lánklaas.


Ons het 2 kothuisies, ten volle toegerus vir selfsorgdoeleindes, elk met ‘n gesellige kaggel, wat nét kan bydra tot ‘n romantiese aandjie saam met jou geliefde. Beide huisies is toegerus met braaigeriewe.


Ons kan ongelukkig nie vir Woef & kie ook hier verwelkom nie, MAAR :
bied aan u ‘n voëlkykparadys en die mooiste & hélderste sterre, onder ‘n skoon, oop hemelruim. Ons omgewing is totaal & al onbesoedel, wat die sterre net sovéél mooier laat vertoon!


Ons bied :
Braaigeriewe.
Voëlkyk.
Binneshuise kaggel.
Rotsbesigtiging.
Tradisionele Rotsklim.
Staproetes.
Selfsorg.
Kampering – tent / karavaan.
4 x 4 Roetes.
Geen kaartfasiliteite beskikbaar op perseel
Asb, geen rook nie.
Om te bespreek stuur 'n epos aan mariaboshoff6@gmail.com of skakel Sel: 084 5802 191


 

This website is designed, hosted and maintained by:

© Namakaland Verblyf 2018 all rights reserved