AAN'T SEE LAMBERTSBAAI

BO TUIN COTTAGES VANRHYNSDORP

BREEKWAL GASTEPLAAS KLAWER

KLOKKIEBOSCH GASTEHUIS JACOBSDAL

LANKVERWACHT GASTEHUIS & KAMPEERPLEK VANRYHNSDORP

MASKAM GUEST FARM VANRHYNSDORP SIR LAMBERT’S GASTEHUIS LAMBERTSBAAI VAN EEDEN AKKOMODASIE STRANDFONTEIN VOGUE SELF CATERING CLANWILLIAM  
   

TUISBLAD

   

Welkom by Breekwal Gasteplaas, ‘n werkende wingerdplaas naby Klawer, waar die rustigheid van die plaaslewe jou sal oorrompel, tesame met ons mooi omgewing.

Ons is geleë teenaan die N7, tussen Clanwilliam en Klawer, 9km Noord van Bulshoekdam, 10km vanaf Trawal Truck Inn (Kaap se rigting) & 258km vanaf die Kaap.

Die huis bied aan u, as ons gaste, volledige selfsorggeriewe & is baie goed toegerus, met : 2 slaapkamers, 2 badkamers, oopplan leefarea, kombuis & binne-, sowel as buitebraai.

Is ook omhein, met veilige parkeerplek + alarm.

U kan slegs u eie braaihout, sowel as ekstra komberse saambring, indien nodig.

Ons omgewing (Die Olifantsriviervallei) is welbekend vir sy wynkelders, waaronder heelwat boetiekkelders.

Strandfontein, Doringbaai & Lambertsbaai is nabygeleë, vir ‘n genotvolle daguitstappie, waar jy seekos kan gaan geniet, en sommer net vir die see sit & staar, terwyl jy aan van ons plaaslike wyne teug. Die Olifantsrivier is ook naby, vir dié wat lus is om ‘n lyntjie te kom natmaak.

Tussen die jong-wingerd kan jy wérklik rustig raak, & sommer net die plaaslewe geniet, met al sy geluide & uitsig.

Afstande na nabygeleë plekke :

90km na Lambertsbaai;
50km na Vredendal;
98km na Strandfontein;
50km na Vanrhynsdorp;
38km na Clanwilliam;
28km na Klawer.Om te bespreek stuur 'n epos aan mariaboshoff6@gmail.com  of skakel Sel: 084 5802 191

This website is designed, hosted and maintained by:

© Namakaland Verblyf 2018 all rights reserved