AAN'T SEE LAMBERTSBAAI

BO TUIN COTTAGES VANRHYNSDORP

BREEKWAL GASTEPLAAS KLAWER

KLOKKIEBOSCH GASTEHUIS JACOBSDAL

LANKVERWACHT GASTEHUIS & KAMPEERPLEK VANRYHNSDORP

MASKAM GUEST FARM VANRHYNSDORP SIR LAMBERT’S GASTEHUIS LAMBERTSBAAI VAN EEDEN AKKOMODASIE STRANDFONTEIN VOGUE SELF CATERING CLANWILLIAM  
         
   

TUISBLAD

   

BO TUIN COTTAGES VANRHYNSDORP:

Bo Tuin is ±5 hektare groot & geleę aan die voet van die Mmaskam Berge. Die Troe-Troe Rivier kronkel deur ons gronde, en is nie standhoudend, maar kán in die wintermaande van tyd-tot-tyd in vloed wees, wat op sy eie iets is om te sien!


By Bo Tuin glo ons in organiese & volhoubare boerdery; dus word alles met die hand gedoen. Ons verbou ons eie groente, sowel as ‘n verskeidenheid van vrugte, soos : granate, kwepers & vye, wat uiteraard in seisoen beskikbaar is. Ons het ook ons eie kruietuin en moedig ons gaste aan om daarvan te pluk, sou hulle belangstel.
Japie vervaardig uitstaande houtwerk, waarmee ons dan ook ons huisies toerus.
Bo Tuin bied u 3 kothuise, waarvan almal oopplan is. Die 2 groter eenhede is toegerus met een dubbel-, sowel as enkelbed. Die kleiner kothuis is slegs toegerus met ‘n dubbelbed. Alle eenhede is ook toegerus met DSTV, lugversorging & braaigeriewe.


Ons eenhede is stylvol versier, met handvervaardigde houtmeubels. Ons voorsien die klein bederfies, soos : fris & vars katoenlinne, ‘n koffiestasie, met perkuleerder. Boonop álles, bied ons eg-Namakwalandse gasvryheid aan ons gaste.


Onsbyt is ook op aanvraag beskikbaar, bestaande uit : jogurt, muesli, vars vrugteslaai, eiers, spek & worsies.
Die vrede & rustigheid hier op die plaas bied aan u, as ons gas/te, die geleentheid om wérklik te ontspan & sommer net te ontlaai.
Woef & Kie is ook welkom hier by ons. Dan verwelkom ons verál ook alle Voëlkykentoesiaste, aangesien die omgewing hom baie daartoe leen. Die skaars Namakwa Langestertjie kom ook hier by ons voor.
Ons is ingelyf by die Namaqua West Coast Tourism Board.
Om te bespreek stuur 'n epos aan mariaboshoff6@gmail.com  of skakel Sel: 084 5802 191

 

This website is designed, hosted and maintained by:

© Namakaland Verblyf 2018 all rights reserved