AAN'T SEE LAMBERTSBAAI

BO TUIN COTTAGES VANRHYNSDORP

BREEKWAL GASTEPLAAS KLAWER

KLOKKIEBOSCH GASTEHUIS JACOBSDAL

LANKVERWACHT GASTEHUIS & KAMPEERPLEK VANRYHNSDORP

MASKAM GUEST FARM VANRHYNSDORP SIR LAMBERTíS GASTEHUIS LAMBERTSBAAI VAN EEDEN AKKOMODASIE STRANDFONTEIN VOGUE SELF CATERING CLANWILLIAM  
         
   

TUISBLAD

   

AAN'T SEE LAMBERTSBAAI :

Bestaan uit 2 eenhede, geleŽ op dieselfde erf, maar heeltemal apart van mekaar, wat uiterste privaatheid bied aan inwonende gaste.
Die huis, sowel as die woonstel, bied asemrowende see-uitsigte.

Die huis bestaan uit 2 dubbel en-suite kamers, beide op die boonste verdieping, met vol see-uitsig vanaf die groot hoekvenster.
Die kombuis maak deel uit van 'n groot oopplan leefarea, wat u weer neem na 'n groot patio; ook volledig toegerus met : skottelgoedwasmasjien, wasmasjien & tuimeldroŽr.
'n Binneshuise braaiarea is beskikbaar; ook dubbelmotorhuis, met afstandbeheer & elektriese hek, vir veilige parkering.

Die kothuis is toegerus vir mense met gestremdhede, en is ook ideaal vir 'n kleinerige gesin.
Dit kan 2 persone huisves, & is gerieflik gemeubileer. Die kombuisie is toegerus met : yskas, vrieskas, mikrogolfoond & elektriese braaipan.
Op die patio is ook 'n draagbare braai, om te gebruik.
Parkering is beskikbaar agter die heining, ook met afstandbeheerde toegang.
Handdoeke word ook voorsien by die huis en kothuis.
Om te bespreek stuur 'n epos aan mariaboshoff6@gmail.com  of skakel Sel: 084 5802 191

 

This website is designed, hosted and maintained by:

© Namakaland Verblyf 2018 all rights reserved