AAN'T SEE LAMBERTSBAAI

BO TUIN COTTAGES VANRHYNSDORP

BREEKWAL GASTEPLAAS KLAWER

KLOKKIEBOSCH GASTEHUIS JACOBSDAL

LANKVERWACHT GASTEHUIS & KAMPEERPLEK VANRYHNSDORP

MASKAM GUEST FARM VANRHYNSDORP

SIR LAMBERTS GASTEHUIS LAMBERTSBAAI

VAN EEDEN AKKOMODASIE STRANDFONTEIN

VOGUE SELF CATERING CLANWILLIAM

 
   

 

   

Commercialstraat 42, Posbus 203, Vanrhynsdorp, 2430, Sel: 084 580 2191, Epos: mariaboshoff6@gmail.com

VERWELKOMINGS BOODSKAP DEUR DIE STIGTER VAN NAMAKWALAND VERBLYF:

Hierdie besprekingswebblad van my is 'n droom wat waar geword het, en ek wil graag vir my Hemelse Vader baie dankie s dat HY dit vir my moontlik gemaak het! Omdat ek geleer het om uit dankbaarheid te lewe, glo ek dat SY sen daarop sal rus.


My doelwit hiermee is om u, as voornemende besoeker aan Namakwaland & die Weskus, bekend te stel aan ons streek. Synde slf 'n Namakwalander, & uiteraard met 'n intense liefde & bewondering vir my wreld & sy mense, wil ek net so ffens verwaand wees, deur te reken dat ek myself om di rede kan onderskei van ander webblaaie wat besprekings hanteer, deurdat ek daarop kan roem dat ek hier woon en werk en die streek ken.

Ek staan nog dikwels in verwondering oor die skoonheid van my wreld waarin ek my o oopgemaak het. Ek het nooit gedurende my grootwordjare die mooi, en verl die bergagtige omgewing, wrklik waardeer nie - hoekom sou ek dan, dis mos waaraan ek al die jare gewoond was! Dit het 'n klomp jare op die Hoveld (plt omgewing) gevat, om myself gelukkig & gesend te ag dat ek hier kan woon & lf.

Ni net is ons streek wreldbekend vir sy pragtige blomme en plantegroei gedurende die winter & 1ste maand van die Lente, die ongereptheid van ons Weskus & Namakwalandse Kus, ook bekend as die Diamantkus, lok ook baie toeriste.


Ek het ook geleer om na die ltyd-welkome ren te verwys as GENADEDRUPPELS, want dis waarlik hoe die ren vir hierdie streek is. As ons 5, 6, of meer mm-ren op 'n slag kry, is ons nt so dankbaar daarvoor as die mense van ander streke, wat gewoond is aan baie ren op 'n slag! Hoe & wanneer ons renseisoen 'n aanvang neem, saam met goeie opvolgrens, bepaal uiteindelik hoe ons Blommejaar gaan wees. En, as dit ni die jaar genoeg ren nie, moet ons dit ook aanvaar, want dis SY WIL vir ons. HY wt wanneer & wt ons nodig het : dit leer hierdie ou wreld bie gou vir jou, &, s dit die jaar ni 'n goeie Blommejaar is, is daar soveel mr wat die voornemende besoeker kan verwag - hy hoef net met die plaaslike (ook genoem "Locals") mense te gesels, dan leer ken jy waarlik vir Namakwaland!

This website is designed, hosted and maintained by:

Namakaland Verblyf 2018 all rights reserved